Eet jou brood met vreugde, en drink jou wyn met ‘n bly gemoed!
Uit die Bybel kom dit!...Prediker 9:7.
Geniet die gawes wat jy uit die hand van God ontvang!
Brood en wyn was die Jode se stapelvoedsel.
Brood en wyn is alledaagse dinge,
soos die sonsopkoms en blomme.
Dit is deel van God se sorg en omgee vir ons.
Wanneer ons die alledaagse en voor die handliggende dinge geniet,
dan sê ons daardeur vir die Here dankie vir sy sorg en omgee.

Prediker 9:8 sê verder: “Dra altyd wit klere, versorg jou hare met olie.”
Wit klere het gewys dat die Jode gereed was vir ‘n fees, ‘n partytjie.
Dit was die simbool van uitbundige viering!
Olie was ook so ‘n simbool.
Spreuke 27:9 sê:
“Reukolie is iets om te geniet.”
Die Bybel wil hê dat ons die lewe moet geniet!
God skenk aan ons die lewe as ‘n genadegeskenk, om te geniet!

In ‘n ligte luim dink mens aan wat Lisa Claymen sê:
“There are four basic food groups,
milk chocolate, dark chocolate, white chocolate, and chocolate truffles.”
Dit is hoe ons oor die lewe moet voel!
“Some say the glass is half empty, some say the glass is half full.
I say, are you going drink that!”

Sien God se hand in alles!
Dank Hom daarvoor!
Geniet die lewe wat Hy gee!

Ernest