Psalm 62:12-13 sê in Die Boodskap so:
“Daar is twee dinge wat vir my baie duidelik geword het:
Dis net God wat regtig mag het.
Net die Here het mense baie lief.”

Hierdie onderstaande waarheid wat op e-pos versprei is laat mens dink:
‘n Gholfstok in my hand is ‘n paar rand werd.
In Tiger Woods se hand is dit miljoene werd.
Dit hang af in wie se hand dit is.
‘n Tennisraket in my hand is ‘n paar rand werd.
In Serena Williams se hand is dit miljoene werd.
Dit hang af in wie se hand dit is.
‘n Stok in my hand kan ‘n hond wegjaag.
‘n Stok in Moses se hand het die magtige see laat oopgaan.
Dit hang af in wie se hand dit is.
Twee visse en vyf brode in my hand is middagete.
In Jesus se hande word duisende daardeur kos gegee.
Dit hang af in wie se hand dit is.
Spykers in my hand kan ‘n skildery ophang.
In Jesus se hande bring dit redding vir die wêreld.
Dit hang af in wie se hand dit is.

Wat hou jy in jou hand, wat jy eerder in God se hand moet plaas?
Jou bekommernisse?
Jou vrese?
Jou hoop?
Jou drome?
Jou familie?
Jou verhoudins?
Jou werk?
Wat hou jy in jou hand, wat in God se hand moet wees?
Plaas dit in God se hand.
Dit hang af in wie se hand dit is!

Dis net God wat regtig mag het.
Net die Here het mense baie lief!

Ernest