Jou geloof kan net so maklik negatief werk, as wat dit positief werk.
Baie mense sit gelate agteroor,
en gló dat een of ander lot hulle maar getref het.
So bly hulle sonder visie oor wat God wil doen.
Die beelde wat jy met jou geloofsoë sien,
is dit negatief of positief?
Sien jy hoe jy hoër hoogtes bereik?
Sien jy hoe jou drome verwesentlik kan word?
Glo jy geïnspireerd deur die Gees,
of glo jy in die lot wat jou getref het?
Laat jy toe dat jou visie verbreed word vir beter ervarings in die toekoms.
Waarmee omring jy jouself?
Positiewe dinge wat jou geloof versterk,
of negatiewe dinge wat dit afbreek?
Hoe dink jy?
Negatief soos:
“Ek wens ek was nog gelukkig.”
“Ek wens daardie rok het nog gepas.”
“Ek wens ek het nog soveel hare gehad.”
“Ek wens ek het in ‘n ander dorp gebly.”
“Ek wens ek het ‘n ander werk gehad.”
Of dink jy oorwinnend en positief soos:
“Ek kan alles in my werk doen deur die krag van Christus.”
“God het hierdie dag gemaak! Ek is so bly daarvoor.”
“Ek kan ‘n groot verskil in mense se lewens maak.”
“Ek is meer as ‘n oorwinnaar.”
“God beskerm my.”
“God se goedheid en genade is die heeldag by my.”
Werk jou geloof negatief, of positief in jou lewe?
Jou geloof kan baie sterk wees,
maar in die verkeerde rigting, negatief!
Jy kan glo jy is sieker as wat jy is.
Of dat mense minder van jou dink, as wat hulle regtig dink.
Jy kan glo dat jy minder werd is, as wat die Here sê jy werd is!
Wat “sien” jy in jou geloofsoë?
Markus 8:18:
“Julle wat oë het, sién julle dan nie?......”
Glo in lyn met God se wil vir jou lewe!
Hy bedoel nooit negatief vir jou nie!
Ernest