Die Here wil jou in Efesiers 2:7 herinner
“hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy
in Christus Jesus aan ons bewys het.”
God wil hê hierdie moet die beste tydperk van jou lewe wees.
Hy wil nie hê jy moet heeltyd in die verlede leef,
en vandag se seëninge mis nie.
of heeltyd hunker na ‘n beter toekoms,
en vandag sy teenwoordigheid in jou lewe misloop nie.
Verbreed jou visie ten opsigte van vandag.
Leef vandag voluit vir die Here.
Moenie heeltyd beperkend dink nie.
Dat jy niks meer kan bereik nie.
Of dat jy nou maar jou lot moet aanvaar nie.
Om God se onmeetlike goeie guns te ervaar,
moet jy in die verwagting van sy seën leef!
Lê dit vas in jou hart en in jou geestesoog.
Skep meer en meer ruimte in jou gedagtes vir wat God wil gee.
Jy kan nie die ruimheid van God se seëninge in jou lewe ervaar,
as jy bly funksioneer op ou negatiewe gesindhede nie.
Wyn is eeue gelede in wynsakke van leer gestoor.
Nuwe wyn het telkens nuwe wynsakke benodig,
aangesien die leer met jare elastisiteit verloor het.
As jy nuwe wyn in ‘n ou leersak gegooi het,
sou die gisting van die wyn die ou sak laat bars het.
Al die wyn gaan dan verlore.
Jesus worstel met mense wat nie die nuwe met visie kan akkomodeer nie.
Hy moedig sy volgelinge aan om hulle visie te verbreed.
En dan gebruik Hy in Matteus 9:17 hierdie beeld:
“’n Mens gooi ook nie nuwe wyn in ou leersakke nie.”
Jou houding kan die grootheid van jou lewe beperk.
God wil jou lewe vul met nuwe wyn!
Hy wil hê jy moet, soos ‘n nuwe wynsak, kan neem wat Hy vir jou wil gee.
Raak ontslae van die negatiewe beperkende instelling wat jy mag hê,
en verbreed jou visie vir God se wil in jou lewe.
Hy dink groot oor jou lewe, en Hy wil groot doen met jou lewe!
“Kyk, Ek gaan iets nuuts doen….julle kan dit al sien kom.” Jesaja 43:19.
Sien jy dit?
God wil jou seën met sy guns!
“…..julle kan dit al sien kom.”
Met ander woorde,
skep ruimte daarvoor in jou geloofsoog, in jou geestesoog!
Sien dit!
God wil dit vandag en elke dag vir jou doen, en met jou doen!
Ernest