Om met jou geestesoog te kyk is baie meer as die begrip “positive thinking.”
Om met jou geestesoog te kyk, is om God se wil vir jou lewe te sien.
Om God se plan vir jou lewe te leef.
Daarom sê Kolossense 3:2:
“Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is,
nie op die dinge wat op die aarde is nie.”
Ons kan God se guns met sekerheid verwag.
God ontmoet ons veral op die vlak van ons geloofsverwagting.
Sommige mense verwag altyd die slegste.
Ander word so oorweldig deur hulle omstandighede,
dat dit hul entoesiasme vir die lewe demp,
en hulle vasvang in ‘n negatiewe gedagtegang.
Ons moet elke dag verwag om God se goedheid te ontvang!
Ons verwagtings bepaal ons dade.
Lae verwagtings vang jou vas in middelmatigheid.
Hoë verwagtings motiveer en inspireer jou om God te verteenwoordig.
Elia het as profeet baie wonderwerke van God beleef.
Elisa, sy opvolger, het baie daarvan meegemaak.
Aan die einde van sy lewe het Elia aan Elisa gevra
wat hy graag van hom as mentor wou ontvang.
Met vrymoedigheid het Elisa gevra:
“Ek wil ‘n dubbelporsie van u gees hê.”
Elisa visualiseer dit in sy hart en geestesoog.
God wil ons ontmoet in dit wat ons met ons geestesoog sien.
As jy met ‘n geboë hoof jou oog op die grond vestig,
in plaas van op God,
gaan jy die groot dinge misloop wat God vir jou en deur jou wil doen.
Dit is ‘n Bybelse waarheid, sowel as ‘n sielkundige feit.
Rig jou gedagtes, jou geloofsoog, op die dinge wat daarbo is,
nie op die dinge wat op die aarde is nie.
Ernest