Mens voel baie keer dat die lewe regtig onregverdig is.
Mense wat as dissipels van die Here leef,
is gefrustreerd as hulle sien hoe mense wat niks vir die Here omgee nie,
‘n voorspoedige lewe lei.

 

‘n Besigheidsman is oneerlik, en tog doen hy baie goed.
Mense wat te veel eet en drink, partytjievrate,
is gesond.
En mense wat gesond lewe, worstel met siektes.

 

Hoe werk dit?
Psalm 73 het al hierdie vrae gevra.
Vers 3 sê:
“Want ek het die hooghartige goddeloses met afguns bejeën,
toe ek hulle voorspoed sien.”
Die skrywer van die Psalm vertel breedvoerig
hoe die bose persoon voorspoedig is, en dan sê hy in vers 13:
“Dat ek die kwaad vermy het….het dus niks gehelp nie.”
Maar hoe meer hy oor alles nadink en sy verhouding met God oorweeg,
hoe meer kom hy tot ‘n nuwe besef.
Hy kom tot die besef wat die uiteinde van die goddelose is, volgens vers 17.
Wanneer jy tyd by die Here deurbring,
verander jou siening van die lewe geheel en al.
Ons jaloesie op die goddelose verdwyn.

 

Ons moet, soos die Psalmdigter, die Here prys en dank vir sy
teenwoordigheid in ons huidige lewe.
Ons moet dit ook doen ten opsigte van sy beloftes vir die lewe wat voorlê.
Die Here is alles wat ons nodig het,
selfs al lyk die lewe onregverdig.

 

Ernest