Die meeste van ons het sekere dinge wat ons nog in ons lewe wil doen,
dinge wat groot waagmoed vra.
Soos om nog eendag valskerm te spring.
Of “white river rafting” op die Zambezi te doen.
Of reksprong van ‘n hoë brug af.
Kilimanjaro te klim,… of wat ookal.
Dinge wat groot waagmoed vra.
Wanneer ons dan saam daaroor kuier, sal vriende sê:
“Doen dit!....Waag dit!”

 

Al hierdie dinge bly egter opsioneel.
Ons sal nie veel skade ly as ons dit nie doen nie.

 

Maar wat van die dinge wat ons op geestelike gebied moet waag?
Dinge wat groot skade sal bring as ons dit nie doen nie.
Dinge wat nie opsioneel is nie.
Dinge wat regtig jou waagmoed en optrede vereis.
Paulus sit in boeie omdat hy waag om die evangelie onverskrokke te verkondig.
As gevolg van sy waagmoed motiveer dit ook ander om dit te doen,
“….en hulle waag dit al hoe meer om die Woord van God onbevrees te verkondig.”
Filippense 1:14.

 

Waag nou en doen die volgende:
Verkondig die Woord van God onbevrees - Filippense 1:14.
Vertrou onvoorwaardelik op die Here – Psalm 4:6.
Gee jou tiende – Maleagi 3:10.
Wees doelbewus lief vir jou vyande – Matteus 5:44.
Doen die wil van God, ongeag – Johannes 7:17.
Bring jou saak reguit en eerlik na God – Job 31:35.
Leef in blydskap – Johannes 16:22, 24.

 

Dit is regtig dinge wat waagmoed vra.
Hou op om te redeneer of dit maklik, moeilik, of onmoontlik is.
Om dit nie te doen nie bring groot skade,
geestelike verarming, en hartseer.
Dit is nie opsionele dinge nie.
Dit staan in die kern van menswees.
Waag dit net…… en doen dit!

 

Ernest