Dit is 400 jaar voor die geboorte van Christus.
Die tempel is reeds 100 jaar herbou.
Messiaanse profesieë van Jesaja, Jeremia,
en Miga dat die Messias sou kom,
is nog nie vervul nie.
Die gemeente van Jerusalem het traak-my-nie-agtig geraak.
Hulle het gemaksugtig en materialisties geraak.
Godsdiens het vir hulle ‘n beslommernis geword.
Hulle vertrap die mense in nood.
Daar is geen eerbied meer vir God nie.
Daar gebeur baie slegte dinge in die huise van sogenaamde gelowiges.
Vir die laaste keer voordat Jesus kom,
stuur God ‘n profeet na sy kinders toe.
Hierna sou God vir 400 jaar swyg, omdat hulle nie ag gee op sy woord nie.
God stuur Maleagi met ‘n dringende boodskap: Ek het julle lief!
Die volk sê: Bewys dit!
Kan jy dit glo?
God herinner hulle dat Hy hulle al lank tevore uitgekies het!
En Hy het hulle nog deur al die eeue versorg!
Hoé kan hulle eis: Bewys dit!
God vra dan ‘n teenvraag:
Waar is julle eerbied vir My?
“Ek het julle lief, sê die Here…..
As Ek dan vader is,
Waar is die eer wat My toekom?...” Maleagi 1:2,6.
In minagting word onrein voedsel op die altaar neergesit.
In minagting word blinde, siek en lam diere aan die Here geoffer.
Die skuldiges is nie net die gemeente van 400 jaar voor Christus nie.
Hoe lyk dit by ons?
Hoe offer jy? Jou tyd, jou dankoffer, jou toewyding,…?
Hoe lyk ons stad en ons land?
Hoe lyk ons betrokkenheid by mense in nood?
Hoe lyk ons getuienis na die wêreld toe?
Waarvoor sou die Here Jesus ook nou dringend moes kom!
Uiters dringend!
Want ons wêreld is in ‘n gemors….
Waarvoor sou Hy in joú lewe moes kom?
Ons is elkeen medeverantwoordelik!
Dink mooi, baie mooi, …..medeverantwoordelik!
Waar is die eerbied in ons lewe wat die Here toekom….?
Christus moes vir mý kom!
Ernest