Is daar groter seën as Kersfees en na Kersfees seën?
Soveel het gebeur sedert die skepping!
Dit was donker op die diep waters.
Die Gees van God het oor alles gesweef.
Toe die skepping.
Sondvloed.
40 jaar in die woestyn.
Vuur en aardbewing.
Een profeet na die ander.
En dan, God self in die gestalte van sy Seun!
Kersfees.
Dan die Kruis “fees” – Goeie Vrydag!
Die Lig aan die kruis - die Lewegewer gee sy lewe.
Opstandingsfees!
En dan die Gees.
Pinksterfees!

 

En hier is ons!
Die geseëndes!
Ons ken die waarheid.
Ons kan ons oorsprong en oergeskiedenis navors.
Die ewige liefde en trou van God daarin naslaan.
Ons weet van die ewige lewe en die wederkoms.
Dit is so duidelik vir ons uitgespel.
Ons is só geseënd!

 

Geseënd in die Heilige Gees.
“In ons roep Hy uit:
“Abba!” Dit beteken: Vader! - Galasiërs 4:6
Die Gees wat eens oor die diep water gesweef het,
het in jou kom woning maak!
Van binne rus Hy jou toe met krag en sekerheid.
Ek, kind van God!

 

Is daar groter seën as dit?

 

Ernest