Die nuwe jaar begin gewoonlik met al ons voornemens.
Gewig verloor, meer kerk toe gaan, minder humeur verloor,…..
Prediker sê dit kan alles maklik ‘n gejaag na wind word.
Ons moet begin waar dit saak maak.
Jy kan nie oorleef, of met betekenis leef,
as jy nie begin waar dit saak maak nie.
Waar begin ‘n mens?
Natuurlik by die Here ons God!
Beter gesê:
Hy begin hierdie jaar met jou!
Hy gee dit as genadegeskenk vir jou.
Hy rig Homself vir hierdie jaar op jou.
Nie ter wille van jou nie, maar ter wille van Hom!
Dit gaan oor Hom!
Soli deo Gloria!
Geloof sy die Here!
Dag na dag dra Hy ons! Psalm 68:20.
As God nie hierdie jaar die kern van jou lewe is nie,
soek jy groot moeilikheid!
Hy versorg jou.
Hy oorlaai jou met genade.
Hy gee jou onbeperkte liefde.
Hy bly op jou spoor, pla en karring aan jou,
as jy op die verkeerde spoor is.
Hy het jou te lief om jou te los.
God ignoreer jou nooit nie.
Nou moet jy Hom nie in hierdie jaar ignoreer nie.
Die akteur, Kirk Douglas, het gesê:
“Yes, I have argued with God, and gotten angry with God,
and I think it’s permissible to do that.
The only thing that is not permissible,
is to ignore God!”
Moenie in jou toewyding in hierdie jaar verslap nie.
Bly altyd geesdriftig.
Dien die Here!
Romeine 12:11.
Ernest