Filippense 3:13 sê:
Maak jou los van wat agter is en strek jou uit na wat voor is!
Jesus nooi jou in hierdie nuwe jaar op ‘n onvergeetlike rit saam met Hom!

 

Baie lewens is soos ‘n trapmeul. Jy loop en loop op een plek.
Of soos ‘n glybaan, afwaarts in die water in.
Of ‘n roltrap, waar jy net passief saamry in verveling.

 

Jesus nooi jou uit tot ‘n nuwe rit van opwinding!
Hy is die opstanding en die léwe!
Leonard Sweet beskryf dit as die “White Water Rafting” rit!
Wat ‘n opwindende rit! Om saam met Jesus hierdie rit te leef!

 

Belangrik is:
Jy gaan saam met die vloei.
Spreuke 16:9 sê ons kan ons voornemens hê,
maar die laaste woord daaroor kom van die Here af.
Jesus beheer die stroom.
Ontspan en wees seker Hy is in beheer.
Al lyk dit stormagtig!

 

Verder:
Die geheim is; leun in die rotse se rigting.
Jy sal tevergeefs daarvan probeer wegroei.
Die stukrag van die stroom teen die rots neem jou veilig weg daarvan,
al lyk dit nie vir jou of dit so gaan wees nie.
Geen wonder Jesus word die veilige Rots genoem nie.
Opsigtelike struikelblokke is deel van die rit!
Opwindend hoe Jesus jou daardeur neem!

 

En dan:
Wanneer jy wel in die stroomversnelling beland,
gaan voete eerste.
Fokus vorentoe!
Filippense 3:13: Strek jou uit na wat voor is!
Jy kan nie terug teen die stroom nie.
Misluk vorentoe en vining,
en moenie bang wees vir mislukking nie.
“Excellent mistakes” is hoe jy anderkant uikom.
Die vraag is nie of jy in die lewe in stroomversnellings gaan beland nie.
Jy gaan, maar hoe gaan jy anderkant uitkom!

 

En as die slegste gebeur:
Los alles, moenie weerstand probeer bied teen die stroom nie.
Jy sal uiteindelik weer opkom.
Ontspan!....Jy het reg gelees.
Dit is belangrik om energie te spaar vir as jy weer bó kom.
Jou longe is vol lug en jou liggaam kan op water dryf!
Laat die water self jou weer na die oppervlak bring.
Psalm 46:11: “Bedaar en erken dat Ek God is….”

 

Die rit van jou lewe, saam met die Here!

 

Ernest