Jakobus 4:8 sê:
“Nader tot God, en Hy sal tot julle nader.”
Begin God eers met ons, as ons tot Hom nader?
Goddank nie!
Keer op keer sal ons met God beleef,
wat Natanael met Jesus beleef.
“Natanael vra Hom toe:
“Waarvandaan ken U my?”
“Voordat Filippus jou geroep het”, antwoord Jesus hom,
“toe jy nog onder die vyeboom was,
het Ek jou al gesien.” Johannes 1:48.
Ons beleoftes is so anders as die van die Here.
Gou is ons gedagtes op iets anders, en ons vergeet.
Nie God nie.
God is anders.
2 Korintiërs 1:19-20 sê:
“Jesus Christus, die Seun van God,
is nie “ja” en “nee” tegelyk nie.
Hy is die “ja” van God,
die “ja” op al die beloftes van God.”
Begin hierdie jaar met hierdie Goddelike belofte:
“Nader tot God, en Hy sal tot julle nader.”
Voel God vêr? Hy is nie!
Het jy kontak met Hom verloor? Hy het nie met jou nie!
Hy maak eenvoudig sy Vaderarms oop vir jou.
Hy ontmoet jou waar jy nou is!
Geestelik en emosioneel.
Glo weer dat God joú sien, en op joú wag.
Sy Heilige Gees is nog steeds in jou aan die werk.
Nader tot Hom, Hy sal verseker tot jou nader!
Ernest