Elkeen van ons beleef bergtop ervarings.
Hoogtepunte in jou lewe wat jy wil vashou .
Tye of geleenthede wat jy nie wil laat verbygaan nie.
Hoogtepunt geleenthede in jou lewe wat verby Everest strek.
Die meeste bergtop ervarings het ten diepste geestelike konnotasies.
Dit gebeur egter nie in ‘n kerk of katedraal nie.
Dit oorval jou onverwags.
Mens lees dikwels in die Bybel van bergtop ervarings.
‘n Oomblik met God waarin mense se hele bestaan verander het.
‘n Oomblik waarin die sin van die lewe ontdek is.
Moses beleef dit op Sinai.
Elia beleef dit op Karmel.
Simon Petrus wil so ‘n oomblik saam met Moses en Elia vasvang,
en net daar en dan ‘n huis daar op die berg bou.
Hy wil die oomblik laat voortduur.
Die dissipels op die Olyfberg wat die hemel instaar. Lewensveranderende oomblikke.
Maar dit bly oomblikke wat momenteel is.
Jy kan nie op die berg bly nie.
Jy moet weer af ondertoe.
Die lewe bestaan ook uit vlakte ervarings.
In Eksodus 19:10 sê die Here vir Moses:
“Gaan terug na die volk toe….”
Jy moet jou nuwe begrip van die lewe gaan lééf!
Jy bou nie ‘n kloostertjie om jou nuwe begrip en ervaring nie.
Jy kan nie die res van jou lewe daar bly nie.
Jy moet weer aarde toe kom…..
Moses en die volk moes op ‘n punt weer wegtrek van Sinai af.
Die vlaktes en selfs die woestyn in.
Leef hierdie bergtop ervarings in jou lewe raák!
Moenie dat dit gewoon by jou verbygaan nie.
Sien dit! Hoor dit! Voel dit! Beleef dit!
Dit is alles gedenktekens van God se teenwoordigheid in jou lewe!
Dit is die dinge in jou lewe wat leéf die moeite werd maak.
Dit is gereeld daar……!
In jou vaal bestaan van sweet om brood te verdien.
Moenie dit misloop nie.
Leef daaruit,
en laat ander saam met jou dit beleef!
Ernest