“…Vergeef ons ons oortredings soos ons ook die vergewe
wat teen ons oortree.”
Die Boodskap sê in Matteus 6:12:
“Vergeef ons waar ons nie doen wat U van ons vra nie,
net soos ons ander mense vergeef wat nie reg teenoor ons optree nie.”

Ons Vader wil hê ons moet vry wees!
Vry van sonde en skuldgevoelens.
Vergifnes is altyd beskikbaar vir God se kinders.
Maar ons Vader wil juis daarom ook hê dat ons ander sal vrymaak.
Hy wil juis hê dat ons nie ander mense sal bind met ons onvergewensgesindheid nie.

Wanneer ons vergewe, laat ons ‘n gevangene vry.
Eintlik twee gevangenes!
Die ander persoon wat jy moet vergewe, en jouself!
Wanneer jy nie vergewe nie,
word jy ‘n gevangene van die persoon wat jy nie vergewe nie!

Na ‘n bomaanval op Martin Luther King en sy gesin,
het hy ‘n woedende skare huistoe gestuur met die woorde:
“Ons moet leer om haat met liefde te oorwin.”

Vergifnes is beslis nie altyd maklik nie.
Dit kos altyd iets.
Vir ons hemelse Vader het dit sy Seun gekos!
Vergifnes is die enigste manier om genesing te kry.
Genesing van wonde wat ons nie kan verander of vergeet nie.

Wanneer ons bid:
“Laat U wil geskied…”, kan jy nie anders as om te vergewe nie,
want dit is God se wil!

Ernest