Romeine 13:11-12 sê:
“Julle moenie so vasgevang raak in julle besige lewens,
dat julle nie agterkom hoe laat dit al is nie.
Kyk, die einde, die groot dag van die Here, is voor die deur.
Trouens, dit is sommer al baie nader aan ons,
as toe ons tot bekering gekom het.
Daarom moet ons wakker word.
Die nag is verby; dit is al amper dag.
Word wakker!
Hierdie boodskap is so belangrik,
dat ons nie kan nalaat om die treffende The Message vertaling ook te lees nie:
“Make sure that you don’t get so absorbed and exhausted,
in taking care of all your day-by-day obligations,
that you loose track of time, and doze off, oblivious to God.
The night is about over, dawn is about to break.
Be up and awake to what God is doing!”
Lenny Kravitz se albums het ‘n deurlopende godsdienstige tema.
Die Rolling Stone tydskrif sê dit het begin toe hy op ‘n somerkoorkamp was.
Op die kamp het hy siek geword,
en in die siekeboeg beland saam met ‘n ander seun.
Hulle het aanhoudend oor die Here gesels,
en Kravitz het ‘n teenwoordigheid in die kamer ervaar wat hom wakker geruk het!
Hy vertel dat hy amper nie kon asemhaal nie,
van die heilige teenwoordigheid wat hy aangevoel het.
Hy sê hy kon dit nie verduidelik nie, maar dit was die teenwoordigheid van God!
Word wakker!
Jy is in God se teenwoordigheid!
Dit is hierdie selfde soort teenwoordigheid,
wat Paulus hierdie woorde in die teks laat skryf het!
Jy leef in God se teenwoordigheid en Hy is aan’t kom!
“Be up and awake, to what God is doing!”
Ernest