In Johannes 15:16 sê die Here:
“Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies.”
Meestal word ons vir iets gekies op grond van bekwaamheid,
of omdat ons vir iets kwalifiseer.
God maak nie so nie.
Hy kies jou ten spyte van.
Om gekies te wees beteken jy is God se geliefde.
Al sou die wêreld jou seermaak en jou verwerp,
moet jy steeds weet jy is God se geliefde.
In God se oë is jy waardevol, ongeag of die wêreld jou kies of nie.
Met al jou foute en tekortkominge, waarvan jy deeglik bewus is,
moet jy steeds weet dat dit baie waar is wat George McDonald gesê het:
“The perfection of His relation to us swallows up all our imperfections,
all our defects, all our evils.”
Juis daarom sê Jesus in Johannes 10:29,
dat niemand jou uit die hand van die Vader kan ruk nie.
Jy het God se kind geword op grond daarvan dat Hy jou gekies het!
Hy sal jou nooit los nie.
Nooit nie!
Ernest