Voor die inskrywing by universiteite en kolleges,
is toelatingsvereistes ter sprake.
Daar is ook ‘n toelatingsvereiste ten opsigte van dissipelskap.
Dit is die mees bepalende toelatingsvereiste van ons lewe.
Die toelatingsvereiste vir dissipelskap is:
Verloën jouself,neem jou kruis op, en volg vir Jesus.
Jesus sê self in Matteus 16:24 vir sy dissipels:
“As iemand agter My aan wil kom,
moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg.”
Kruisrdaers kan nie ‘n klomp ander bagasie saamdra nie.
Jy verloën jouself, en sit jou bagasie van eiebelang neer.
Jy het al jou aandag en fokus nodig om kruis te dra.
Dit wat eers vir jou prioriteite was, los jy nou langs die pad.
In Jesus se tyd was die dra van die kruis
die finale onderwerping aan Romeinse gesag.
Dit is wat Jesus vra.
Totale en finale onderwerping aan sy gesag oor jou lewe.
Wanneer iemand die kruis na die kruisigingsplek gedra het,
het daar geen vooruitsigte vir lewe meer oorgebly nie.
Tog het die persoon sy kruis tot daar gedra.
Al het hy geweet dit kos sy lewe.
Daar is egter ‘n groot verskil om die kruis vir Jesus te dra.
Ons dra dit as teken van ewige lewe.
Ons vertoon daarmee God se genade.
Ernest