Prediker 2:24 sê:
“Dit is nie aan die mens self te danke dat hy kan eet en drink,
en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet nie.
Ek het ingesien dat dit ‘n gawe uit die hand van God is.”

Elke oomblik van genieting, is genadetyd, keusetyd, en leéftyd!
Lewe voluit, en geniet die lewe!
Ons kan baie paaie beproef,
maar slegs een pad bring ons by vreugde en ‘n blye hart:
God se pad!
Leef dit!
Geniet dit!
Dit is lewe in oorvloed!
Dit is lewe, as gawe, uit God se hand aan jou!
Vers 26 sê:
“Vir die mens met wie se lewe God tevrede is,
gee Hy wysheid, kennis en blydskap.”
Blydskap!
Kennis!
Wysheid!

Die Nuwe Testament praat ook hierdie taal:
“Die Jode vra wondertekens en die Grieke soek wysheid,
maar ons verkondig Christus wat gekruisig is.
Vir die Jode is dit ‘n aanstoot, en vir die ander is dit onsin,
maar vir die wat deur God geroep is,
is Christus die krag van God en die wysheid van God.” 1 Korintiërs 1:22-24.

Alles wat ons ken of weet, word waardeloos wanneer ons Jesus leer ken.
“Wat eers vir my ‘n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus,
ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken,
oortref alles in waarde.” Fil. 3:7-8.

Weg van God af, is alles ‘n gejaag na wind.
In God alleen is wysheid, kennis en vreugde!
Dit oortref alles in waarde!

Ernest