Oor die dinge wat ons behoort te doen,
het Jesus self ook in Johannes 14:12 gesê:
“Dit verseker Ek julle:
Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen.”
Wat het Jesus gedoen?
Hy kom dra en verkondig God se genade.
Hy kom verkondig God se nabyheid.
Hy kom verkondig vergewing van sondes.
Hy bring die boodskap van hoop en ewige lewe.
Hy kom dra mense in hulle nood.
Hy kom leef die liefde van God konkreet uit.
Die wat in Hom glo, sal ook doen wat Hy doen.
Hy sê dit tog self!
Dit is hulle wat die Heilige Gees ontvang, wat mense laat getuig en dien.
Jesus sê: “Wie in My glo, sal nog groter dinge as dit doen.”
Jesus gaan nog verder en sê vir ons:
“Wat julle ookal in My Naam vra, sal Ek doen,
sodat die Vader deur die Seun verheerlik sal word.”
Hoekom gee Jesus hierdie belofte aan ons?
Omdat ons wat agterbly sy beelddraers en verteenwoordigers is.
Die Here het gekom en aan ons gedemonstreer hoe om vir God te lewe.
Nou moet ons dit namens Hom op aarde voortlewe.
Ons kan dit nou met die wete doen dat Hy ons bystaan!
Die gelowige wat in verbondenheid met die Here Jesus lewe,
sal ook binne sy wil vra na die verheerliking van God.
So sal ons ook doen wat Jesus doen!
Volgens Jesus self se woorde!
Ernest