1 Petrus 3:15 sê:
“Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee,
aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis,
oor die hoop wat in julle lewe.”
Wat maak ons lewe anders as die van nie- Christene?
Dit is ‘n vraag wat nie-Christene ook vra!
Die belangrikste is dat ons met bepaalde sekerhede in ons lewe leef.
Ons moet hierdie sekerhede met nie- Christene kan deel.
Daarom moet ons ook bewustelik uit ons sekerhede lewe.
Ons moet dit ook vir onsself beantwoord,
sodat ons kan getuig van die hoop wat in ons lewe!
Waarvan is ons, as kinders van die Here,
so seker in ‘n onsekere wêreld en lewe?
Verseker van die volgende:
“Die Here is ons God, Hy is die enigste Here.” Deut. 6:4
“Jesus is die ware God en die ewige lewe.” 1 Joh. 5:20
“Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom.” Hand. 1:8
“Ek weet dat my Verlosser leef, uiteindelik sal Hy op die aarde triomfeer.” Job 19:25
“Die mens ken selfs nie die tyd van sy dood nie.” Pred. 9:12
“Julle sal ter wille van My Naam gehaat word,
maar daar sal selfs nie eers ‘n haar van julle kop afval nie.” Luk. 21:17-18
“Julle Vader weet wat julle nodig het.” Matt. 6:8
“Niemand weet wanneer daardie dag kom nie,
nie engele nie, en ook nie die Seun nie. Net die Vader weet.” Matt. 24:36
“Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet.” Rom. 8:28
“Ek (Jesus) weet alles wat julle doen.” Openb. 2:2
Tien baie belangrike sekerhede!
Jy sal self nog sekerhede hierby kan voeg, uit die Woord van God!
Wat is jou persoonlike sekerhede wat vir jou só baie beteken….?
Leef dit en getuig dit!
“Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee,
aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis,
oor die hoop wat in julle lewe!”
Ernest