In Efesiers 4:17-19 sê Paulus:
“Wat ek nou sê, moet julle nie ligtelik opneem nie.
Dit is wat die Here self wil hê.
Julle moet ophou om julle te gedra soos mense wat nie die Here ken nie.
Daarom besef hulle nie eens dat God vir hulle ‘n nuwe lewe wil gee nie.
Hulle is hardkoppig en wil nie na rede of goeie raad luister nie.
Daarom gaan dit so sleg met hulle.
Hulle het geen gevoel meer vir wat reg of verkeerd is nie.”

Let op die woorde:
“Julle moet ophou om julle te gedra soos mense wat nie die Here ken nie.”

Nou gaan Paulus nog verder en sê in verse 22-24:
“Los julle ou manier van lewe.
Julle moet ‘n nuwe gesindheid kry ,en op ‘n nuwe manier oor dinge dink.
Ons nuwe lewe moet ons al meer soos God laat lyk:
Ons moet reg lewe soos God dit wil hê,
en ons heeltemal aan Hom toewy.”

Ons moet eenvoudig leer om anders te dink.
Dink op ‘n nuwe manier oor dinge!
Ons kan nie meer dink en optree soos mense wat nie die Here ken nie!
Ons moet ‘n nuwe gesindheid kry.
Sodra jy anders dink ,tree jy ook anders op.

Waarop fokus jy?
Jy voel en leef altyd waarop jy fokus.
Ruil doelbewus jou negatiewe gedagtes uit met positiewe gedagtes.
Fokus op die setperk, nie op die sandkuil op pad na die setperk toe nie.
Vul jou gedagtes met God se Woord en sy wil, en fokus daarop.
Dan sal jy ook daarvolgens optree!

Ernest