Daar is ‘n groot verskil tussen besittings en skatte.

Die Here Jesus sê in Matteus 6:19-21:
“Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak
waar mot en roes dit verniel, en waar diewe inbreek en dit steel nie.
Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar,
waar mot en roes dit nie verniel nie,
en waar diewe nie inbreek en dit steel nie.
Waar jou skat is,
daar sal jou hart ook wees.”

Besittings is dinge waarvan jy die eienaar is.
‘n Skat is waar jou hart is.
Leonard Sweet verduidelik dit mooi:
“You possess a job……you treasure your family.
You possess a house…..you treasure your home.
You possess a bank account…..you treasure your friends.
You possess a car….you treasure your freedom.
You possess a appointment book….you treasure your time.
You possess a heart…..you treasure love.”

Die Here sê nie in die teks ons moet nie besittings hê nie.
Hy sê eerder dat jy moet fokus op jou skatte!
Dit wat ewigheidswaarde het!
Dallas Willard het gesê:
“We reveal what our treasures are by what we try to protect,
secure and keep.”
Die bekende gholfspeler, Chi-Chi Rodriguez,
het dit ook bedoel toe hy gesê het jy kan alles in die lewe hê,
maar as jy dit nie met ander deel nie,
maak nie saak hoéveel dit is nie,
sal jy steeds arm lewe!

Besittings of skatte….?
Waar is jou hart?
Waarop fokus jy, en waarvoor leef jy?

Ernest