Wil jy nie weer opnuut ontdek dat jy 24/7 in God se teenwoordigheid lewe nie?
Dit is so absoluut bevrydend!
Jesaja 58:9 sê hierdie merkwaardige woorde:
“Dan sal jy roep, en die Here sal antwoord, jy sal om hulp roep,
en Hy sal sê: “Hier is EK!”

Dit is seker een van die wonderlikste woorde om van die Here te hoor:
“Hier is Ek!”
God sê dit vir ons, en wil hê dat ons dit as’t ware elke dag moet hoor:
“Hier is EK!”

Die belofte is nie slegs vir gelowiges,
wat op die markplein na Jesaja geluister het nie.
Of vir die gelowiges wat Pinksterdag die uitstorting
van die Heilige Gees beleef het nie.

Dit is vir ons!
Op die sportveld.
Of onder druk in die kantoor.
In die kraaminrigting.
By die oop graf.
Op die Vrystaatse grasvlakte.
Of op die oop stormsee.

Hoor weer God se stem, daar waar jy leef.
Ongeag jou omstandighede.
Ontdek weer dat God daar is, altyd daar is.
“Dan sal jy roep, en die Here sal antwoord, jy sal om hulp roep,
en Hy sal sê: “Hier is EK!”

Ernest