Wat is die heel grootste gebod, vra ‘n skrifgeleerde vir Jesus
in Markus 12:28. Jesus antwoord in Markus 12:29-31: “Die eerste is:
Luister, Israel, die Here ons God is die enigste Here. Jy moet die Here
jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele
verstand en met al jou krag.” Die tweede is: “Jy moet jou naaste liefhê
soos jouself.” Geen ander gebod is groter as die twee nie.”
Die kerkvader, Bernard van Clairvaux, sê daar is vyf fases van
geestelike groei en dit help ons baie om te verstaan wat dit beteken
om lief te hê soos God dit bedoel vir ons. Dit is ‘n lewenslange reis:
Eerste fase: Om onsself lief te hê ter wille van onsself.
Tweede fase: Om God lief te hê terwille van onsself in die lig van
wat Hy vir óns kan doen.
Derde fase: Om God lief te hê ter wille van God, onselfsugtig.
Vierde fase: Om onsself lief te hê ter wille van God,
bewus van sy groot liefde vir ons.
Vyfde fase: Om ánder lief te hê, ter wille van God!
Dit is wat die Heilige Gees ons lei om te doen. Om uiteindelik by
fase vyf uit te kom! Om soos Jesus te leef en soos Jesus lief te hê.
Jesus, Wie ons liefhet en volg, het ‘n uiters belangrike ding vir ons
geleer, naamlik Markus 12:29-31! Dit word ook die Jesus-credo genoem.
Jesus het die 613 godsdienstige reëls van destyds saamgevat in hierdie
Goddelike unieke uitspraak of opsomming. The Word on the Street se
weergawe vat dit uitstekend saam:
“Of all the 613 rules, which would you say is the most important?”
Jesus answers straight, “Love Awesome God with everything you’ve got –
your emotions, will, your thoughts. This is the No 1 top priority, absolute
must, the Big One. The No 2 second absolute must is, Love people around
you as you love yourself. A thousand column inches of writing by Moses
and the couriers boil down to these two rules.”
Hierdie Jesus-credo gaan ons help om in God se liefde te leef.
Dit laat ons besef dit gaan oor die ware lewe! Om hierdie Jesus-credo te
verstaan en uit te leef moet jy eers besef hoe groot liefde God vir jou het,
in Christus Jesus. God het ons eerste liefgehad, nog voordat ons Hom
enigsins kon liefhê.
Ernest