Om die Jesus-credo uit te leef moet ons meer probeer verstaan
van die oorsprong daarvan. Wanneer ons in God se lig staan,
is God se skoonheid oral. Dit is heilige lig. God se lig. Dit is wat
die Sjema van Deut. 6:4-5 vir ons leer. Dit is waarmee Jesus begin
in sy antwoord op die vraag wat die grootste gebod is.
“Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here.
Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel,
met al jou krag.” God se kinders weet dat hulle nie sonder Hom
kan leef nie.

Die Sjema, wat Jesus aanhaal, is ‘n oproep om God bo alles lief te hê
en so ons eie uniekheid en ons naaste se uniekheid te besef. Ons besef
hiermee dat wanneer ons God bo alles liefhet, dit ons hele lewe verander!
Die Hebreeuse woord, “Sjema”, het nie net die betekenis van “luister”,
soos dit is die teks staan nie, maar veral van gehoorsaam wees!
Dus: Om reg te luister na God, sal die regte optrede tot gevolg hê.
Die Sjema, wat die begin van die Jesus-credo is, help ons om ánders
te kyk en te doen, omdat God jou fokus is! Mense lyk anders.
Dinge lyk anders. God klee alles in jou lewe!

Wanneer ons God bo alles liefhet, sal ons mense meer liefhê... as nou.
Hoe het ons God lief? Jesus sê met jou hele hart, hele siel, hele verstand,
en al jou krag. The Message vertaal die vier dinge met “passion” (hart),
“prayers” (siel), “intelligence” (verstand), en “energy” (krag).

Dit is duidelik dat héélhartigheid die manier is waarop ons moet liefhê.
Jesus praat van “hele”hart, “hele” siel, “hele” verstand, “al” jou krag.
Kom ons bid, intens, dat ons God héélhartig sal liefhê...
regtig héélhartig!

Ernest