Galasiërs 3:14: “Maar die goeie nuus is dat Christus Jesus
se dood vir mense uit ander volke die kans bied om nou ook
deel te hê aan die seëninge wat God vroeër oor Abraham
uitgestort het. Maar dis nie al nie. Ons wat in Christus glo,
het ook die Heilige Gees ontvang, presies net soos God ons
belowe het.”

Om “deel te kan hê aan al die seëninge” beteken in Galasiërs
veral drie dinge:
Ons is vrygemaak van al ons sonde bagasie. Moenie dit verder
dra nie. Los dit!
Ons lewe vir ewig. Ons het gemeenskap met God vir altyd.
Dit begin nou reeds!
Ons het die Heilige Gees as ons gids. Ons kan nie verdwaal nie!

Bogenoemde is alles onverdiende genade!
Geregtigheid is wanneer jy kry wat jy verdien.
Barmhartigheid is wanneer jy kry wat jy glad nie verdien nie.
Genade is wanneer jy baie meer kry as wat jy ooit gedroom het
jy sou kry.
Loop daarom die pad van God se genade.

Die verbond met Abraham wat in bogenoemde teks ter sprake is,
bevat ‘n belofte van oorvloed lewe!
Deur alles wat Jesus gedoen het wéét ons dat die verbond waar is.

Ernest