J.B. Phillips sê oor die Heilige Gees: “Every time we say,
“I believe in the Holy Spirit”, we mean that we believe
that there is a living God able and willing to enter human
personality and change it.”

Die Heilige Gees bly in jou om jou te verander sodat jy
meer en meer soos Jesus sal lewe. ‘n Teken daarvan is dat
mense die Gees se vrug in jou sal sien: Liefde, vreugde, vrede,
geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid
en selfbeheersing. Jy lyk en leef eenvoudig anders omdat die
Heilige Gees in jou bly! Jy lyk en leef meer en meer soos Jesus.

Geen wonder nie dat die groot Franse wetenskaplike Blaise Pascal
gesê het: “Next to the might of God, the serene, silent beauty of a
holy life, is the most powerfull influence in the world.”

Kyk net hoe mooi vertaal Die Boodskap Galasiërs 5:21-22:
“’n Mens kan sien watter mense se lewens deur die Heilige Gees
beheer word. Net soos ‘n boom wat ‘n baie goeie vrug oplewer,
wys hierdie mense se lewe dat hulle aan God behoort. Sulke mense
gee baie om vir ander. Hulle lewe is vol vreugde. Die vrede wat van
God af kom, ken en ervaar hulle. Hulle verdra ander mense sonder
om ooit lelik met hulle te wees. Hulle straal vriendelikheid en warmte
uit; daarom wil ander graag in hulle teenwoordigheid wees. Hulle doen
goeie dinge vir ander mense. Ander kan altyd op hulle reken omdat
hulle self deur dik en dun op God vertrou. Hulle is vol deernis en
ontferming. Die Gees stel hulle in staat om hulle goed te beheer
sodat sonde nooit hoogty in hulle lewe vier nie.”

Laat jou deur die Heilige Gees beheer! Dra die vrug van die Gees!

Ernest