The Word on the Street vertaal Galasiërs 5:22 só:
“If God’s Spirit is in charge, then this is you: you’re loving,
alive , vibrant, sparkling. You’re calm; you walk into a room
and friction walks out. You can handle delays; you’re not pushy.
You’re generous with money, with time, with people.
You’re good and solid, always ready to help. You don’t double
cross people; you don’t use your fists in anger; you don’t loose
your cool – you’re in control.”
Die vrug van die Gees beeld Christene se houding teenoor God uit,
asook teenoor ander, sowel as teenoor hulleself.
Liefde, vreugde en vrede word veral gesien in ons verhouding met God.
Geduld, vriendelikheid en goedheid word gesien in ons verhouding met
ons medemens.
Getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing help jou om jou self te
wees soos God dit bedoel.
Galasiërs 5:25: “Die Gees het ons splinternuut gemaak. Daarom moet
ons toelaat dat Hy elke dag ons lewe bestuur. Hy moet besluit wat ons
dink en sê en doen.”
Jou geloof wat jy leef vertel ‘n kragtige storie oor God en sy Gees
wat in jou bly.
Ernest