Galasiërs 6:1: “My broers en susters, as ander gelowiges
aan die een of ander sonde toegee, moet julle wat julle
deur die Gees laat lei, hulle dadelik reghelp. Bring hulle
terug op die regte pad sonder om hulle te veroordeel.
Tree vol deernis op. Maar pas op sodat julle self nie
voor die sonde swig nie.”
The Message: “Live creatively, friends. If someone falls
into sin, forgivingly restore him, saving your critical
coments for yourself. You might be needing forgiveness
before the day’s out.”

Die laaste deel van bogenoemde vers sê: “...Maar pas op
sodat julle self nie voor die sonde swig nie.” Dit herinner
aan die Engelse prediker en geloofsmartelaar John Bradford
wat gesê het: “There but for the grace of God go I.”
Daar word vertel dat hy dit gesê het terwyl hy gesien het
hoe misdadigers na die galg gelei word. Daarmee het hy
bedoel dat dit net die genade van God was dat hy nie ook
daardie pad moes stap nie. As dit nie vir die genade van God
was nie het hy ook in die moeras van sonde gelê en sulke
slegte dade aangevang. Dit geld verseker elkeen van ons!
Kort daarna is John Bradford self na die brandstapel gelei
waar hy in 1555 vir sy geloof gesterf het!

Bogenoemde vers gee vir ons baie belangrike lewensbeginsels:
Kyk met sagte oë na ander mense. Sien hulle soos Jesus hulle sien.
Vergewe graag. Tree vol deernis op.
Bied altyd ‘n helpende hand aan.

Ernest