Ons is steeds by Filippense 1:6: “Ek is veral ook daarvan oortuig dat God,
wat die goeie werk in julle begin het, dit enduit sal voer en dit sal voleindig
op die dag wanneer Christus Jesus weer kom.”
Luister na The Message: “There has never been the slightest doubt in my
mind that the God who started this great work in you would keep at it and
bring it to a flourishing finish on the very day Christ Jesus appears.”
En ook The Word on the Street: “And I’m sold on the fact that God’s not
going to leave you half finished. No way. What He’s doing with you is superb
and He’s going to have you ready for when the Liberator, Jesus, comes back.”

God gee eenvoudig nooit op met jou nie! Weet ons enigsins hoe ‘n groot
genade dit is! Kyk net na die volgende Bybel-karakters om dit te onderstreep:

Dawid: Selfs toe Dawid groot drooggemaak het, het God aangehou met hom
sodat God aan die einde van Dawid se lewe kon sê: Hy was ‘n man na aan my
hart – Handelinge 13:22.
Moses: Moses die hakkelaar het nie eers in homself geglo nie. Maar God het
geweet hier is die leier van sy volk. God het Moses selfs sy vriend genoem.
Abraham, Isak en Jakob: Abraham praat soms nie die waarheid nie. Isak is nie
sterk nie. Jakob is ‘n eersterangse skurk. Tog is God nie skaam om met hulle
die pad te stap ter wille van ‘n volk en ter wille van hulleself nie.

Die waarheid van elkeen van ons is dat ons nog “under construction” is.
God is nog lank nie klaar met ons nie. God sal ook nie opgee met ons nie.
God is besig met ons en sal met ons bly besig wees.
God gee genadiglik nie op met enige een van ons nie.

Ernest