Lees Filippense 2:1-4 in jou Bybel.
Oordink dit in terme van die impak wat jy kan maak
as jy só gaan leef. Kyk hoe vertaal The Message dit:
“If you’ve gotten anything at all out of following Christ,
if his love has made any difference in your life, if being
in a community of the Spirit means anything to you,
if you have a heart, if you care – then do me a favour:
Agree with each other, love each other, be deep-spirited
friends. Don’t push your way to the front; don’t sweet-talk
your way to the top. Put yourself aside, and help others get
ahead. Don’t be obsessed with getting your own advantage.
Forget yourselves long enough to let a helping hand.

Deel dieselfde visie en doel, sê Paulus in verse 1-2:
een in liefde, een in hart, een in strewe. Dit is duidelik dat
Christenskap nie ‘n solo-sport is nie. Ons manier van saamwees
en saamstaan trek ander mense na Jesus toe. Robert Fulgham
het gesê: “When you go out into the world, watch out for traffic,
hold hands, and stick together.

Verse 3-4 beklemtoon respek vir mekaar. Ons kry dit reg wanneer
ons regtig mekaar in ag neem en in die ander persoon se skoene
gaan staan. Ons moenie altyd eerste viool te wil speel nie. Op ‘n
vraag wat die moeilikste posisie is om in ‘n orkes te vul en te speel,
het die beroemde dirigent-komponis Leonard Bernstein geantwoord:
“Tweede viool, want almal kies die prestige van eerste viool. Maar
sonder tweede viool is daar geen harmonie in die orkes nie.”

Ons moet bid dat die Here ons sal help om meer tweede viool te speel.
Hulle wat laaste is sal eerste wees, en hulle wat eerste is laaste...
Respek beteken eenvoudig om die kollig op Jesus alleen te laat val.
Ook in al jou verhoudinge met mense. Waardeer en respekteer die
beeld van God in ander mense!

Ernest