Lees weer Filippense 2:5-11.
Hierdie Skrifgedeelte is nie bedoel om ‘n volledige belydenis
te wees van Wie Jesus is en wat Hy gedoen het nie. Tog kan
ons baie belangrike waarhede oor Jesus hieruit aflei:

1. Hy is van altyd af by God.
2. Hy is aan God gelyk omdat Hy Self God is.
3. Alhoewel Hy God is, het Hy mens geword om God se
verlossingsplan vir alle mense tot uitvoer te bring.
4. Hy het nie bloot ‘n skynliggaam aangeneem nie, maar Hy het
werklik mens geword om die sonde van die mens weg te neem.
5. Hy het uit liefde vir sy Vader vrywillig afstand gedoen van sy
bestaan op Godgelyke wyse.
6. Hy het aan die kruis vir ons sondes gesterf, met die gevolg
dat ons die ewige dood vrygespring het.
7. God het Hom verheerlik omdat Hy gehoorsaam was.
8. God het Hom in sy ere-posisie aan sy regterhand herstel,
vanwaar Hy ewig as ons Here regeer.

Jesus Christus was nederig, gewillig om sy regte prys te gee,
om God te gehoorsaam en om mense te dien.

Dit is hierdie gesindheid van Jesus waartoe God ons ook oproep.
Dien! Nie omdat jy skuldig voel voor God of bang is nie,
maar omdat jy God uit jou hart liefhet!

Ernest