“Weet julle waaraan julle moet dink in plaas daarvan om
julle te sit en bekommer? Dink aan dit wat vir God saak maak,
dinge wat ordentlik en reg is, dinge waaraan God sal dink en
waarvan Hy sal hou, dinge wat God sal sê goed is. Moenie julle
tyd mors om aan allerhande nuttelose dinge te sit en dink nie.
Hou julle besig met dinge wat die moeite werd is en wat God
in ‘n goeie lig stel.” – Filippense 4:8.
Die gemiddelde persoon het ongeveer 50 000 gedagtes per dag,
word beweer. Geen gedagtes is ooit neutraal nie. As jy positief
of negatief dink, sal jy dienooreenkomstig optree. Wanneer ons
soek vir die plekke waar God se karakter gesien word, word ons
herinner aan sy teenwoordigheid in die wêreld, en ervaar ons seën.
Kyk weer na die laaste gedeelte van vers 8: “Hou julle besig met
dinge wat die moeite werd is en wat God in ‘n goeie lig stel.”
Hiermee leer Paulus ons:
Daar sal altyd gemors in hierdie wêreld wees. Dinge om oor te kla.
Daar sal altyd goeie goed wees. Iets om oor dankbaar te wees.
Ons kan kies. Ons kan ons vrye wil uitoefen. Kies om positief of
negatief te wees.
Filippense 4:8 wil jou, soos ‘n bril, help om op die regte goed in
hierdie lewe die kollig te plaas en daarop te fokus. God se goed.
Dit wat vir God belangrik is.
Dit wat jy in jou gedagtes laat ingaan, bepaal watter tipe woorde
en dade uit jou binneste voorkom. Moenie dat verkeerde dinge
‘n lêplek in jou gedagtes kry nie. Alles waaraan jy jouself blootstel,
gemors wat in die openbare en sosiale media, en ook andersins,
in ons kele afgedruk word,
het ‘n uitwerking op wat binne in jou aan die gang is!
Filtreer dit wat jy in jou lewe toelaat, en ervaar al hoe meer
die teenwoordigheid van God wat vrede gee.
“Summing it all up, friends, I’d say you’ll do best by filling your minds
and meditating on things true noble, reputable, authentic, compelling,
gracious – the best, not the worst; the beautiful, not the ugly; things
to praise, not things to curse.” – The Message.
Ernest