“Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.” – Filippense 4:13.
The Message: “Whatever I have, wherever I am, I can make it through
anything in the One who makes me who I am.”
The Word on the Street: “Now that I’ve got God’s energy - direct inject –
there is no limits to what I can do.”
Aan die een kant het jy krag vir alle situasies: “Ek is tot alles in staat...”
Aan die ander kant is dit duidelik dat hierdie krag verseker uit ‘n ander
Bron as jyself kom: “...deur Hom wat my krag gee.”
Jy is spesiaal omdat God só spesiaal is!
Dit is ook belangrik om te sien in watter konteks Paulus hierdie woorde sê.
Paulus het geleer om hom in alle omstandighede te behelp – vers 11.
Of hy gebrek moes ly, en of hy oorvloed gehad het. Hy kon alles doen vanweë
Christus se krag in sy lewe – vers 13. En veral omdat hy ook goddelike perspektief
op die lewe het.
Die belangrike: Hy het hom altyd ingestel op wat hy móés dóén, en nie op wat hy
gevoel het hy behoort te hê nie. Sy prioriteite was reg en hy was dankbaar vir alles
wat God hom gegee het. Wanneer ons gebrek ly, of onvergenoegd is, omdat ons
met minder moet klaarkom as waarmee ons graag sou wou, moet ons leer om nie
verwytend teenoor God te wees nie, maar om op sy wysheid en beloftes te vertrou.
Hy sal in al jou behoeftes voorsien, en wel op ‘n wyse wat Hy weet die beste vir jou
is (vers 19). God gee nie heeltyd vir ons wat ons wil “hê” nie, maar wat Hy weet
ons die nodigste het. Dikwels totaal anders as wat ons bid of dink...
Ernest