Byna alle gelowiges ken seker die Ons Vader gebed uit hul kop.
Dit is seker die bekendste gebed op aarde... Jesus het dit vir ons
geleer! Dit is nie net ‘n modelgebed vir gelowiges nie, maar ons
standaard-gebed! Ons moet dit aanhoudend bid. Dit is soos ‘n
sleutel tot ons eie verstaan van ons verhouding met God.

Jesus leer ons in hierdie gebed om gedurig te bid. Vir elke dag.
Soos... gee ons vandag ons dag se brood... En dat ons gedurig
moet bid dat God se wil hier op aarde sal geskied soos in die
hemel. God se wil gebeur veral ook deur gebed. God bewaarheid
sy wil ook deur ons gebede. Sy wil gebeur altyd in die hemel.
Reeds ‘n ewigheid lank!

Voordat ons kan verstaan wat God se wil vir die aarde is,
is dit belangrik om te weet hoe sy wil in die hemel geskied.
Is dit moontlik om dit te weet? Verseker! Die Bybel vertel dikwels
hoe God se wil in die hemel gebeur. Dit help ons om hier en nou
aan die hand daarvan vir God te leef. Daarom bid ons ook:
“Laat U wil geskied...”

Let op in die boek Openbaring: Aanbidding en respek loop hand
aan hand. Die hemelse skares is nooit familiêr met God nie.
Hulle kniel voor Hom en is naby aan Hom. God is baie naby aan ons!
Ons moet dit in gebed besef. Hoekom sien die hemelse skares God
se goedheid hier op aarde raak, maar ons kyk dit so maklik mis?
Ons moet ons eie stemme vandag in gebed voeg by die hemelse
skares. Ons moet God se wil en goedheid vra en leef hier op aarde!

ERNEST