‘n Ou Japannese volksverhaal,
vertel van ‘n soldaat wat die krygskuns bemeester het.
Hy het vol trots na sy leermeester gegaan en gesê:
“Al moet ek dit nou self sê, ek is in elke opsig die heel beste!”
Nou het ek tyd om iets van God te leer.
Kan u my daarmee help?”
Die wyse leermeester het hom gevra om saam met hom tee te drink.
Die leermeester het begin om die tee te skink, … en net aanhou skink en skink…!
Die koppie het heeltemal oorgeloop, op die tafel, op die vloer…
Die soldaat kon dit nie meer uithou nie en roep toe uit:
“Hou op, hou op, dit is oorvol! Dit kan niks meer vat nie!”
Die leermeester het die pot kalm neergesit en gesê:
“Ek merk op dat jy net so vol is van jouself.
Dat daar gevolglik hoegenaamd geen meer plek is vir God nie.
Dit is nie moontlik om vir jou iets te leer,
voordat jy nie leeggeword het van jouself nie.”
Jesus was vir ons ‘n wonderlike voorbeeld van nederigheid.
Hy was nie te hoogmoedig of te belangrik,
om eenvoudige sondaars as vriende te hê nie.
Op ‘n dag het Hy ‘n handdoek geneem en sy dissipels se voete gewas.
Daarop het Hy in Johannes 13:14 gesê:
“As Ek, wat julle Here en Leermeester is, dan julle voete gewas het,
behoort julle ook mekaar se voete te was.”
In Filippense 2:3 skryf Paulus:
“ Moet niks uit selfsug of eersug doen nie,
maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.”
Nederige mense dink nie minder van hulleself nie,
hulle dink net minder áán hulleself.
Nederigheid is vrug van die Heilige Gees in jou lewe.
Ernest