Moenie probeer om God by jou skedule in te pas nie.
Die Here moet jou hele lewe wees!
Psalm 16:5 sê:
“Here, U is my lewe, U sorg vir my.
Wat ek ontvang kom alles van U af.”
Here, U is my lewe…..”
God wil my lewe wees!
Ek kan nie God êrens in my skedule inpas nie.
Daarom vra hy ook stilte en afsondering van jou,
sodat jy doelbewus in sy teenwoordigheid kan kom,
om sy aangesig en wil te soek.
Jesus sê self in Johannes 5:30:
“Ek kan uit Myself niks doen nie.
Soos Ek hoor, oordeel Ek:
en my oordeel is regverdig omdat Ek nie My wil soek nie,
maar die wil van die Vader wat My gestuur het.”
Jesus doen niks uit Homself nie, maar vra die Vader se wil!
Ons volg egter so maklik ons eie koppe!
God wil met ons praat,
en deur sy Gees ons in al ons besluite lei!
Hy wil dat ons in die volheid leef wat hy vir ons beplan.
Daarom is dit nie ons wat God êrens kan inpas nie.
Hy pas ons in, in sy totale skeppingsplan.
“Here, U is my lewe….”
Ernest