Tem jou tong

In 1 Petrus 3:10 kry ons raad vir ‘n gelukkige lewe:
“As iemand die lewe liefhet en ‘n lang lewe begeer,
om die goeie te geniet,
moet hy sy tong weerhou van kwaadpraat,
en sy lippe van leuens.”

Ons besef nie die omvang van probleme en ellende,
wat ons woorde kan veroorsaak nie.
Negatiewe woorde vernietig verhoudings.
Dit wond en maak seer.

Jakobus 3 sê ook :
“Die tong is soos ‘n klein vuurhoutjie,
wat ‘n groot bos aan die brand steek.
As jy lelik praat, vloek, skinder, of so iets,
hoef jy niks anders te doen om te wys hoe sleg jy is nie…..
Dit beduiwel jou hele lewe en alles wat jy doen.”

Jakobus 3:8-9 sê verder:
“Die tong is ‘n rustelose kwaad, vol dodelike gif.
Met die tong loof ons die Here en Vader,
en met die tong vloek ons mense,
wat as die beeld van God gemaak is.
Uit dieselfde mond kom lof en vloek.”
En vers 11:
“’n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog,
vars en brak water opborrel nie.”

Spreuke 8:13 sê ook wysheid verag ‘n verkeerde manier van leef, én praat.
Ons kan met die keuse van ons woorde seën, of vloek!

In Filippense 4:8 word ons aangemoedig
om die Here voorop in ons gedagtes en woorde te stel.
Laat die Heilige Gees jou lei om reg te praat, of stil te bly…..

Ernest