Theo Geyser gee ‘n uitstekende kort samevatting van wat
dit beteken om ‘n volgeling van Jesus te wees en dit te lééf.
Hy omskryf dissipelskap soos volg:
Dissipels laat toe dat ander mense hulle blinde-kolle
wat hulle nie self kan raaksien nie, na die lig bring.
Dissipels weet wie hulle vandag liefgehad het.
Dissipels leef met die regte vrae en nie soseer
met die regte antwoorde nie.
Dissipels ken stiltes voor woorde.
Dissipels weet die koninkryk van God is binne hulle.
Dissipels weet hoe om elke dag dood te gaan.
Dissipels is gedurig besig om balke te saag
sodat die splinters hulle nie pla nie.
Dissipels kies transformasie bo informasie.
Dissipels bring nie net gebede na God nie,
maar wórd die gebede.
Dissipels weet dat elke goeie somer deur
‘n goeie winter moontlik gemaak word.
Dissipels leef uit die oorvloed van eenvoud.
“Toe sê Jesus vir sy dissipels: “As iemand agter My aan
wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis dra en My volg,
want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy
lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry.” –
Matteus 16:24-25.
Ernest