Moenie aanhou omkyk nie
Filippense 3:12-14 sê:
“Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie,
maar ek span my in om dit alles myne te maak,
omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het.
Broers, ek verbeel my nie date k dit alles al het nie.
Maar een ding doen ek:
Ek maak my los van wat agter is,
en strek my uit na wat voor is.
Ek span my in om by die wenstreep te kom,
sodat ek die hemelse prys kan behaal,
waartoe God my geroep het in Christus Jesus.”
Paulus wil ons laat fokus op dit wat regtig saakmaak.
Ons is dikwels nie in ons geestelike lewe gefokus nie.
Ons laat toe dat allerhande minder belangrike dinge ons fokus wegneem.
Wegneem van dit wat vir God belangrik is!
Ons moet doelgerig vorentoe leef vir die Here,
en nie toelaat dat allerhande dinge wat al verby is,
ons fokus wegneem en energie bly tap nie.
Die Here Jesus self het dit beklemtoon in Lukas 9:62:
“Toe sê Jesus: “Iemand wat die hand aan die ploeg slaan,
en aanhou omkyk na wat agter is,
is nie geskik vir die koninkryk van God nie.”
Waarnatoe bly jy omkyk?
Wat bly jou fokus wegneem?
Wat moet jy nou regtig agterlaat,
en al jou kragte inspan om by die wenstreep te kom?
Doen dit!
Hou op omkyk na wat agter en verby is.
Leef saam met God na sy toekoms vir jou toe!
Fokus doelgerig op God se koninkryk!
Ernest