“Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk
vir dié wat Hom liefhet” – Romeine 8:28.
Hierdie stelling kan net gemaak word uit die oortuiging
van iemand wat al ‘n lang pad met die Here gestap het.
Anders gebruik jy dit net as ‘n stroop vir troos. Maar,
dit is egter regtig daar vir almal om te glo en na te leef.
Dit staan soos ‘n baken in die Christelike geloof.
Al ‘n mens se ervarings kan jy in die geloof hierop instel.
Daar is heroïese mense wat baie groot terugslae oorkom.
Daar is ook ander wat in ramp na ramp verslaan word.
Thomas Carlyle, wat nooit die dood van sy vrou verwerk
het nie, kon nogtans skryf: “Adversity is sometime hard
upon a man; but for one man who can stand prosperity,
there are a hundred that will stand adversity.”
Nie almal kan voorspoed hanteer nie, maar baie mense
kan teenspoed hanteer. Milton het blind geword en tog
geskryf: “God does not need either man’s work or his own
gifts, who best bear his mild yoke, they serve Him best...
they also serve who only stand and wait.”
Daar is heroïese mense soos dié, wat groot terugslae
oorkom.
Paulus filosofeer nie hier of voorspoed of teenspoed
beter vir ‘n mens is nie. Hy sê bloot: wag en kyk na die
volle prentjie van voorspoed en teenspoed. Die groot
plan van God sal uitwerk. By die groot oorloë en
natuurrampe verby.
As ons God se raadsplan wil verstaan, sal ons soos God
moet kan dink. Dit is onmoontlik. Waarvan Hy ons egter
oor en oor in sy Woord verseker, is dat Hy alles laat
uitwerk, ten goede. Ons verstaan dikwels nie hoekom
iets met ons gebeur in God se “plan” nie. Maar ons kan
weet: Hou moed. As jy God liefhet, sal alles vir jou ten
goede uitwerk. Weet dit!
Ernest