“O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God!
Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë!
Wie ken die bedoeling van die Here? Wie gee Hom raad?
Wie bewys Hom ‘n guns, sodat Hy verplig is om iets terug
te doen? Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge.
Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid! Amen.”
– Romeine 11:33-36.

Die priester-digter Gerald Manley Hopkins skryf met groot
oortuiging iets waarop elke kind van die Here seker instem-
mend sou knik: “To lift up the hands in prayer gives God glory,
but a man with a dungfork in his hand, and a woman with a
slop-pail, give Him glory too. He is so great that all things give
him glory if you mean they should.”

Paulus skryf ‘n lofprysing oor die glorie van God!
Alles vir die evangelie. Alles vir die Here! Alles vir die
koninkryk wat kom. Paulus verlustig hom in die heerlikheid,
kennis, rykdom en wysheid van God. Hy sê hy het eintlik van
God se weë geen benul nie – vers 34. God moet deur hom
stroom en alles bekend maak. Want alles is uit Hom en deur
Hom en tot Hom. Inderdaad ‘n “diepte van die rykdom”,
‘n wysheid en kennis ver bo ons verstand. Ver bo die mens
se kollektiewe verstand.

Paulus het dit in hierdie hoofstuk oor die Jode wat die
Gesalfde verwerp het, maar, sê hy, God het juis die
verwerping gebruik om die “heidene” ook kans tot
redding te gee en te lei. God sal ook nie sy ou volk
heeltemal prysgee nie. ‘n Oorblyfsel sal gered word as
“geliefdes om die aartsvaders se ontwil” – vers 28.

En dit laat hy in God se hand terwyl hy soos Dawid
God se krag en lof besing. Dit is ‘n aanwysing van lewe
in geloof: Terwyl ons nie alles verstaan nie sê ons aan God:
“Gaan voort, Here, want U alleen weet”.
En dan gaan ons voort met ons lofprysing, want
ook ons weet dat net die Here alleen weet.
O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God!

Ernest