“Laat wat jy doen, aan die Here oor,
dan sal jou voornemens geluk.” – Spreuke 16:3.
Die meeste van ons lewe die lewe volgens die beginsel
van “elke dag besigheid soos gewoonlik.” Ons staan op,
was en trek aan, eet haastig... om met ons gewone werk
en dagtaak aan te gaan. Ons voel dikwels vasgevang in
hierdie sleurgang, soos ons dit beleef. Alles maak nie
altyd mooi sin nie, maar ons hou ons kop laag en beur
vorentoe om te “oorleef”.
Daar kom egter tye dat ons iets doen wat ons baie graag doen.
Oomblikke van groot vreugde en hartstog in wat ons doen.
Oomblikke waarin ons iets aangrypend beleef, sien of hoor.
Ook oomblikke van trane wat ons aangryp. Dit is om iets hoër
as jouself en jou eie sloergang te ervaar. Jy “verloor” as’t ware
jouself, en terselfdertyd “vind” jy jouself. Dit is asof God deur
sy Gees die lewe na jou bons, soos ‘n prikkel of ‘n sien wat die
boodskap dra van “gaan voort”! God sal seën!
In Spreuke word baie van die “regverdige” gepraat. En van
“reg” lewe. “Regverdige” beteken om dit “reg” te kry en
“reg” te lewe, “reg” te doen voor God. Net God is hier die
toetssteen. Hy moet die nommer een in jou hart wees. Die
alles in jou hart!
Ons kan elke stuk van die lewe “regkry” binne ons persoonlike
vermoëns, maar dan moet die Here in ons hart wees. Anders
speel ons bloot die note van die bladmusiek af, sonder die “lewe”
daarin. Dan vermenigvuldig die kanse honderdvoudig dat ons
verkeerd gaan speel, verkeerd gaan leef...
Ernest