Johannes 1:11: “Hy het na sy eiendom toe gekom,
en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie.”
Sy eie mense het Hom nie aangeneem nie...
Dit is tog vreemd, die koms van Christus, Dit was die
groot tema van die profete, maar Israel het anderkant
toe gekyk. Israel was ook van die waarskuwing van die
profete bewus dat hulle onkant betrap gaan word.
En nogtans... Nie dat die profete fortuinvertellers was nie.
Hulle was bloot segsmanne van God.
Jesaja kry die boodskap: “... Gaan sê vir hierdie volk:
Julle sal hoor en hoor en tog sal julle niks verstaan nie,
en kyk en kyk en tog niks sien nie” – Jesaja 6:1. Die profete
het tog alarm gemaak van ‘n hemelse besoek en feitlik elke
profeet wat dit gedoen het, skets ‘n herkennings-profiel
van die Verlosser wat sou kom. Ernstige skrifgeleerdes het
dit bestudeer en ook ernstig opgeneem. En tog... Hulle was
soos mense wat die onmiskenbare gerammel van die
donderweer op die Hoëveld hoor, en dan sê dit is dalk net
‘n vliegtuig wat laag vlieg.
Israel erken nou nog niks... Selfs sekere Christelike
uitlêers stry telkens opnuut daaroor.
Die gevaar is wesentlik dat Christus in heerlikheid
wéér mag en gaan kom terwyl die wêreld anderpad kyk.
Dit kan ook so in jou eie lewe wees... die uur weet niemand
nie. Maar die ure wat ons afjaag in hierdie besige wêreld is
vir die God van die ewigheid grootliks irrelevant.
Tog moet ons weet en dit “sien”: in die wêreldgeskiedenis
is dinge stadig voor ons aan die ontvou. Dit moet ons ten
minste opmerksaam maak.
Buitendien sál Christus vandag iewers in jóú lewe kom...
Hy sál... vir ‘n besoek in liefde. Sal jy Hom herken, ervaar...
Wees oral op die uitkyk vir Hom. Sy eie mense het Hom
nie aangeneem nie.
Wat doen jy?
Ernest