“Die grootheid, Here, die krag, die glans, die roem en die
majesteit behoort aan U, ja, alles in die hemel en op die aarde.
Aan U, Here, behoort die heerskappy; U is bo almal verhewe.”
– 1 Kronieke 29:11.

Hierdie is ‘n lofspraak van Dawid tot eer van God.
Sy roem in die Here is die groot tema van sy psalms en sy lewe.
Die Here het alles, is alles, is bo alles, en is sy glans verdof alles.
Dawid was ook ‘n diamant, maar ‘n diamant met vlekke.
Vlekke wat hom trane en nederlae gekos het. Maar in dit alles
was hy kosbaar vir God. God spaar selfs sy volk “ter wille van
my dienaar Dawid” – 1 Kon. 11:13. Wat ‘n verhouding was daar
nie tussen hierdie mens en God nie!

Dawid het sy lewe lank God geëer met liedere, gedigte,
in oorloë, in teleurstellings en trane, in wysheid.
In bogenoemde teks groet hy die volk met hierdie lofspraak
aan God. Hy herinner hulle daaraan dat God ewig is. By al Dawid
se verwikkelde emosie en dade het hy een opregtheid gehad:
Hy het die Here met passie liefgehad. Daarin was hy die voorloper
van die Seun van die mens.

Die passie van die hart vra nie verduidelikings nie. Dit verskaf ook
nie deurlopend oplossings nie. Dit is meer as net gevoel. Dit is ‘n
viering van Wie God is. Daarin lei Dawid ons in vele opsigte.
Kom ons vier ook vir God vir Wie HY is. Met dank elke dag.
Met lof. Met aanbidding. Met jou lewe!

Ernest