1 Petrus 3:15: “ In julle harte moet daar net heilige eerbied
wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om ‘n antwoord
te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die
hoop wat in julle lewe.”
Ons moet altyd gereed wees om rekenskap van ons geloof te
gee aan enige iemand anders. Ons moenie skaam wees om te
getuig nie. Ons moet op ons pos wees. Die Here reken op ons
om sy getuies te wees.
Dit is nie altyd maklik om oor Jesus te praat nie. Dit is so.
Ons weet dit. Dan is dit makliker om maar net stil te bly. Maar,
ons mag eenvoudig nie stilbly in getuienis nie. Om net maklik
stil te bly maak van ons geestelike lafaards.
Wanneer jy weet God is die heel belangrikste in die heelal,
en jy weet wat Jesus vir jou gedoen het, en jy weet die Heilige
Gees woon nou in jou, kan jy eenvoudig nie stilbly nie!
Hoe gereeld praat jy oor die Here? Ken jou vriende jou as
iemand wat nie skroom om op te staan vir jou geloof nie?
Doen jy dit wanneer jy weet dat dit van jou verwag word?
Lees weer bogenoemde vers in 1 Petrus 3:15. Neem dit
ernstig op! Ook voor mense wat jy nie ken nie.
Dit is moontlik juis deur jou getuienis wat God die saad wil
plant en laat groei, juis in jou omstandighede saam met
daardie betrokke persoon of persone. ‘n Goddelike afspraak!
Hoekom bly ons stil as ons weet ons woorde het die potensiaal
om te keer dat iemand vir ewig verlore is!?
Die Gees wil deur ons getuienis werk! Paulus sê in Romeine 10
dat God veral woorde gebruik om die evangelie vir mense te
ontsluit. Praat! Jou woorde is van onskatbare waarde want
God praat daardeur! Dit is ook nie vir jou wat mense verwerp nie.
Hulle verwerp die boodskap wat jy dra as hulle nie wil luister nie.
Daarom kan jy juis praat! God wil wonders doen deur jou tong!
Praat!
Ernest