Die beste manier om jou kop en jou verlede met nuwe denke
te vul wat jou lewe sal nuut maak, is om gereeld die Bybel te lees!
Hier deel God sy eie “verhaal” en die verhaal van die mens met ons.
Ons sien hier hoe God se verlossings-verhaal stap vir stap ons kom
nuut maak.

Om die Bybel te lees is ‘n lewens-veranderende ervaring! Doen dit!

Dit is juis in die Woord van God waar jy leer om vry te kom van die
strik van die sonde en die dood. Ook van al jou destruktiewe gedagtes.
In die Bybel sien jy wie God is en wat Hy alles gedoen het. Jy sien ook
wat Hy steeds doen, en nog gaan doen om die wêreld te verander en
mense nuut te maak en nuut te laat leef. Jy begin verstaan hoe kosbaar
jy vir God is en wat Hy vir jou beplan. Lewe!
Nog belangriker: Jy leer om God se stem te onderskei tussen al die
geraas van die wêreld. Dit is die plek waar jy God se stem die duidelikste
en die suiwerste kan hoor – die Bybel!

Jy leer in God se Woord wie God is. Jy leer wat sy wil is.
Jy leer wat Hy doen. Jy leer hoe Hy oor jou en die wêreld voel.
Jy kom agter wat God verbly en wat God teleurstel. Jy leer God ken as
die liefdevolle Vader, en wat Hy alles opgeoffer het om jou sy kind te maak.
Jy ontdek in die Woord hoe God ‘n verskil maak aan wie jy is en waarheen
jy op pad is. Jy ontdek dat God se “verhale” nie net letters op papier is nie,
maar dat dit nuwe lewe gee wanneer die Heilige Gees jou aanraak en jou
in Jesus Christus nuwe lewe gee. Ewige ware lewe!
Dit verander jou totaal!... vir altyd!

2 Timoteus 3:16-17: “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het
groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry,
verkeerdhede reg te stel en die regte lewenswyse te kweek,
sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei
en toegerus sal wees vir elke goeie werk.”

Ernest