Ons dink baie keer God speel met ons wegkruipertjie.
Ons kan Hom nie sien waar ons reken Hy behoort te wees nie!

Die koninkryk van die hemel werk dikwels anders as wat ons verwag, of sou wou hê.
Om Jesus na te volg vra om noukeurig te kyk, luister en uit te vind,
waar die Here besig is, en waar Hy jou wil hê.
Die plek waar ons dink ons behoort te wees,
en die dinge wat ons reken ons behoort te doen,
is dikwels heeltemal anders as wat die Here wil.

Eugene Peterson skryf hieroor in The Message wanneer hy die saligspreuke
so parafraseer:
“You’re in the right place when…..
you’re at the end of your rope,
you’ve lost what is most dear to you,
you’ve worked up a good appetite for God,
you care,
you can show people how to co-operate,
instead of how to compete or fight,
when your commitment to God provokes persecution.”

Om by die wêreld betrokke te raak is glad nie maklik nie.
Dit is selfs gevaarlik.
Daarom waarsku Jesus die dissipels in Lukas 14:26-33,
om deeglik koste te bereken.
Na Jesus se dood het Petrus en Johannes dit self gou aan hulle eie lyf gevoel.
Ook Paulus vertel oor alles wat hy in die wêreld moes deurmaak t.w.v. die evangelie.

Volg Jesus noukeurig.
Kyk mooi.
Luister mooi.
Vind uit waar Hý wil hê dat jy saam met Hom besig moet wees!

Ernest