Wat beteken dit dat Christus die Gesalfde is?
In die Ou Testament is profete, priesters en konings met olie gesalf
om aan te dui dat hulle uitverkies is tot, en toegerus is hulle taak.
Hulle is deur God uitverkies en deur die Heilige Gees toegerus.
As Christus die Gesalfde is beteken dit dat God Hom uitverkies en
toegerus het om al drie hierdie ampte te beklee.
Hy is ons hoogste Profeet en Leraar wat God se verlossingsplan
ten volle aan ons bekend maak.
Hy is ons enigste Hoëpriester wat Homself geoffer het om ons
te verlos.
Hy is ons ewige Koning wat verlostes met sy Woord en Gees
Regeer, beskerm en bewaar.
Omdat Christus van God kom, self God is, en die Heilige Gees
sonder enige beperking besit, is Hy die onfeilbare Profeet na
Wie ons moet luister.
Christus is ook God se gesalfde Hoëpriester. Hy is die volmaakte
Tussenpersoon of Middelaar tussen God en ons. 1 Timoteus 2:5-6:
“Daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens
Christus Jesus wat Homself as ‘n losprys vir almal gegee het.”
Die wonderlike om te weet is: Jy as gelowige lewe onder die
seënende hande van jou Hoëpriester en jy word elke oomblik van
jou dag gedra deur jou Hoëpriester se voortdurende voorbidding.
Romeine 8:34 sê: “Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf,
maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand
van God, Hy pleit vir ons.” Hebreërs 7:24-25 stel dit so: “Omdat Jesus
vir ewig bly, beklee Hy ‘n priesterskap wat nie op ander oorgedra word
nie. Daarom kan Hy ook die wat deur Hom na God gaan, eens en vir
altyd verlos: Hy lewe vir altyd om vir hulle by God in te tree.”
Christus is ook Koning. Dit is egter nie genoeg om net te weet en te bely
dat Christus Koning is nie. As Hy my Koning is, moet Hý my lewe regeer.
Hy moet die alleenheerskappy oor elke aspek van my lewe besit.
Ek moet myself volledig aan Hom oorgee.
Ernest