Jesus is ons gesalfde Profeet, Priester en Koning.
Die Bybel vertel ons die wonderlike waarheid:
Elke volgeling van Christus, die Gesalfde, word self ook deur
die Heilige Gees gesalf om profeet, priester en koning te wees.
Ons dra die Naam van Christus. Jy is ‘n Christen.
Jy is ‘n beelddraer van Christus.

As gelowige is jy ‘n profeet. Jy moet die Naam van die Here bely.
Jy moet die Woord van die Here verkondig aan ander. Jy doen dit
deur jou mondelinge getuienis, en ook deur jou sigbare lewe wat
dit bevestig. Onthou Jesus se uitspraak, dat ons as gelowiges ons
voor die mense openlik moet uitspreek vir Hom – Matteus 10:32.

As gelowige in Christus is jy ook ‘n priester. “Uit liefde vir ons het
Hy ons deur sy bloed van ons sondes verlos en ons sy koninkryk
gemaak, priesters vir God sy Vader.” – Openbaring 1:5-6.
Dit beteken dat jy as gelowige jouself vir God moet gee as ‘n
lewende en heilige offer wat vir God aanneemlik is – Romeine 12:1.
Jy moet ook ander priesterlik help deur hulle by te staan, jou oor
hulle te ontferm en vir hulle te bid – Hebreërs 13:15-16.

Elke gelowige is ook ‘n koning. Jou werk is nie om oor ander mense
te heers nie, maar wel oor die sonde en die Bose. In Christus en in
die Naam van Christus, wat reeds die oorwinning behaal het!
Romeine 6:12 en 14: “Moet dan nie toelaat dat die sonde langer
oor julle heerskappy voer nie... Die sonde moet nie meer baas wees
oor julle nie.” As koning, in Christus, wat sy heerskappy uitleef,
triomfeer jy oor die sonde en die duiwel!

Ernest